Ek het 'n vriendin Ver by die blou see Teen die hang van Tafelberg as die son sak Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad Opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se Klavier
Lisa kan nie ophou As sy eers begin het nie En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon En drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag Die liggies en die swart, swart see
En onder op die sypaadjie Sien ek die bergie en sy maat Gaan staan en opkyk
ver na bo Vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe Word Lisa elke boemelaar se droomTeksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.