Witman loop deur die nuwe era strate Honger in die sakke en vloeke in die mond Witman kyk na die vrygestelde slawe Vergete monumente, Bloedrivier, Godsverbond Witman loop met 'n swart agorafobia Soli deo Gloria, strate van Pretoria Witman se toekoms lyk al meer lagwekkender Laat in die nag lê hy wakker wakker wakker wakker Witman! Witman! Witman loop deur die Trellidor utopia Volkskonsentrasiekamp, onbewus euforia Witman loop ongemaklik in sy vel Elke tree wat hy gee 'n bietjie nader aan die hel Witman nihilisties, witman fatalisties Kripties pessimisties oor die mensdom dom dom Witman se toekoms lyk al meer skrikwekkender sy hart tik tik soos 'n tydbom bom bom Witman! Witman! Witman voed op die oorskiet van verlede dae Oplossings van gister vir probleme van die hede dae Witman werkloos, witman ambisieloos Witman staar die mure plat met grafte in sy oë Witman gaan siel verloor, witman gaan familie moor Witman heelnag wakker soos 'n lewendige lyk Witman se rewolwer lê gereed onder sy kussing More oggend vroeg skiet hy sonder om te kyk KYK
Witman!Teksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.