Aan marsjeer die kinders, nimmereindigende nag Geen oë in hul koppe nie, donker holtes soos die graf Swart onder hul vingernaels, maaiers in die mond Velle flap om enkels en verslete voete vlek die grond
Niks om te onthou, treur of berou Die vlamme ysig koud In die Kinderhel
Die bloed in hul are verkrummelende stof Klosse hul hare, verdorde lippe grof Die Lied van die Vlieë op hul roofrooi wonde vleis Strompelende lyke by die Hemelhekke weggewys
Niks om te onthou, treur of berou Die vlamme ysig koud In die kinderhel
Slaap pikanini, ons vee's in die kraal Almal ons skapies en bokkies More vroeg kry jy van soet pap 'n maal En 'n paar spierwitte sokkies
Siele ontruim, geen asem in hul bors Geen trane, geen glimlag Emosie ewig opgeskort Aan marsjeer die kinders deur die dooie donker stad Soekend na niks op 'n eindelose Hellepad
Aan marsjeer die kinders, nimmereindigende nag Leë droë doppe, skynlewe uit die graf Die Lied van die vlieë op hul roofrooi wonde vleis Strompelende lyke by die Hemelhekke weggewys
Niks om te onthou, treur of berou Die vlamme ysig koud In die kinderhelTeksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.