Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang Met pyn en trane en begrafnissang Die reënboog is rooi deurweek met bloed Op die horison agter die begrafnisstoet
Doodstraf, bring die doodstraf terug Doodstraf, bring die doodstraf terug Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang Ouers paranoïs en kinders is bang Die ongedeerdes sê dis 'n slegte idee Maar as die Hel oor hul drumpel trap sal hulle ook skree vir die
Doodstraf, bring die doodstraf terug Staan saam en eis die doodstraf terug
Noodmaatreels vir 'n noodtoestand 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand
Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang Soos 'n skandvlek Judaskus op elke wang En as die strome onskuldige bloed aanhou stort Gaan die mense begin doen wat daar gedoen moet word
Doodstraf, bring die doodstraf terug Staan saam en eis die doodstraf terugTeksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.