Ver in die ou Kalahari Tot daar by die Malopo – Gee my die ou Kalahari. Die ou Kalahari bo!
Wyd lê jou eind'lose vlaktes, Kameeldoringboom en sand. Eensame, vreedsame Wêreld – Dis die ou Kalahariland.
Sonbesies sing in die bosse Die hittige son te versmaai, Rooi Afrikanerrosse Sien jy om elke draai.
Ver in die ou Kalahari, Daar sing die boere so: "Gee my die ou Kalahari, Die ou Kalahari bo!"Teksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.