In vuur en bloed vind ek my nou Soos elke boer en kind en vrou 'n Oormag kwyl nou oor ons land Staan gewapen tot die tand Sy skadu val 'n donker wolk Oor die toekoms van ons volk En veg ons nie sal ons verdwyn By Magersfontein, by Magersfontein, by Magersfontein Trek ons die lyn
Kom boerekrygers wees nou helde Die dag van rekenskap is hier Die Vyand jaag nou oor ons velde Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower Belowe pyn en smart Maar as jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur My Afrikanerhart
As jy my vra sal ek jou sê Hoë diep my hart se wortels lê As jy my vra sal ek jou wys Dis my grond hier in my vuis
Kom boerekrygers wees nou helde Die dag van rekenskap is hier Die Vyand jaag nou oor ons velde Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower Belowe pyn en smart Maar as jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur My Afrikanerhart
Al breek die hel hier agter ons los En al stort die hemel neer Hou jou lyn en staan jou man Dis hier waar ons hul kan keer Staan vas Staan vas Suid-Afrika Staan vas Staan vas Suid-Afrika
Kom boerekrygers wees nou helde Die dag van rekenskap is hier Die Vyand jaag nou oor ons velde Staan jou man teen kanon se vuur
Die kakies wil ons volk verower Belowe pyn en smart Maar as jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur My Afrikanerhart
Ja as jy skiet, skiet my deur As jy skiet, skiet my deur My AfrikanerhartTeksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.