Katalog:  A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z   0   1   2   3   4   5   6   7   8   9 

A / Anelda Spence / Mamma


Ek was kaal en klein toe jy my ontmoet het
Met my vrommel pienk gesiggie teen jou wang
Ek was skaam en meer onseker as wat jy vermoed het
Maar jou arms het my elke dag gevang
Nou's ons altwee bietjie ouer
En die tyd loop bietjie nouer
En daar's iets wat ek nou beter verstaan

Jy bly in al my hart se kamers
En jou bloed vloei soos lewe deur my are
My siel het jou verseker uit die hemel uit gekies
Want Mamma, jy's die moeder wat elke dogtertjie wil wees
Ja Mamma, jy's die moeder wat elke dogtertjie wil wees

Op my mooiste dag het jy ons liefde geseen
En my man vertel hoe dinge nou sou wees
Met elke pienkvoet-laggie het jou glimlag verbreed
En jou moedershart het plekgemaak vir meer
Nou's ons altwee bietjie ouer
En die tyd loop bietjie nouer
En daar's iets wat ek nou beter verstaan

Jy bly in al my hart se kamers
En jou bloed vloei soos lewe deur my are
My siel het jou verseker uit die hemel uit gekies
Want Mamma, jy's die moeder wat elke dogtertjie wil wees
Ja Mamma, jy's die moeder wat elke dogtertjie wil wees
Oh Mamma, jy's die moeder wat elke dogtertjie wil wees
Teksty umieszczone na naszej stronie są własnością wytwórni, wykonawców, osób mających do nich prawa.
Szukaj MP3
· Anelda Spence - Mamma
· Konwertuj video do MP3
· Konwertuj video do MP4

Nowe Teledyski
 · Kubańczyk - Lek
 · Teddy Swims - Bad Dreams
 · David Guetta, Alesso Feat. Madison Love - Never Going Home Tonight
 · Julia Żugaj - Noc
 · Linkin Park - The Emptiness Machine
 · Mata - Lloret de Mar
 · Maryla Rodowicz, Roxie Węgiel - Damą Być
 · Kizo X Bletka - Pomaluj Mój Świat
 · Bambi - Madonna
 · Amar, Wronek - 180 Stopni
 · Kuqe 2115 - Taki Mały Ja
 · Matteo Bocelli, Sanah - Falling Back
 · Modelki - Materiał Na Żonę
 · Clean Bandit, Anne-Marie, David Guetta - Cry Baby
 · Extazy - Dałem Tobie
 · Shawn Mendes - Why Why Why
 · Smolasty, Sylwia Grzeszczak - Połowa Mnie
 · Sarsa - Jak W Filmie
 · Julia Wieniawa - Nad Morze
 · Zenek Martyniuk - Ostatni Raz

Wszelkie prawa zastrzeżone. Powered by © 2004-2024 Teledyski.info || Polityka cookies || Darmowe Mp3 || Zgłoś błąd

[ darmowe teledyski do oglądania ]